"Dit is ’n plesier om na die nuwe generasie geestelike musiek-kunstenaars te luister. En ’n mens kan sommer hoor waarom Neil Büchner die ATKV se Lier-toekenning gewen het. Dit is ’n nuwe, vars en opwindende klank en as jy jou oë toemaak, hoor jy vir Sting in Afrikaans sing. Al die liedjies is oorspronklike komposisies van Neil. Ek kan maar net hoop dat die publiek van dié briljante en opwindende kunstenaar sal kennis neem en hom sal ondersteun.”
- Willie Strauss, RAPPORT TYDSKRIF
“Die ATKV-Lierbekroonde album, ELEMENT, dra die stempel van sy vaardigheid, nie net as sanger nie, maar ook as liedjie skrywer en musikant: veelsydig kitaarvaardig!...Die gehalte van die album is onaanvegbaar...kry dit gerus en ervaar gestroopte eerlikheid deur ’n man en musikant wat bloot deur sy musiek met God gesels – en jou onwillekeurig boei en nooi om saam te luister – en dan ook met God te wil gesels!”
- CJ de Swardt, VROUEKEUR
“Hierdie ou het ‘n ongelooflike talent, het ek besef, veral toe ek later na sy demo-CD Kale knieë geluister het. Neil het net daardie tikkie aanmoediging nodig gehad om te besef die tyd is ryp dat hy sy eie geestelike musiek moet opneem. Ek is ongelooflik opgewonde oor Neil se musiek. Dit is grensverskuiwende musiek. Hy vat iets dromerig met sy esoteriese stem vas. Neil se lirieke is briljante poësie. Dit is min dat jy die unieke kombinasie van liedjieskrywer /sanger kry.”
- LOUIS BRITTZ
“I'm sitting here listening to the new CD by my good friend Neil Büchner, called Element. I received the CD in the mail this morning, and it had me in tears from the first note. Maybe it's because most of the songs are in Afrikaans and it's such a picturesque way to connect with God, maybe it's because of Neil's incredible gift as a songwriter, maybe it's because of producer and good friend Helmut Meijer's magically musical fingerprints all over the album... Yes, a little bit of everything, I guess.”
- RIAN VAN DER MERWE BLOG
PAASFEES: BY DIE KRUIS
In Februarie 2009, het Louis Brittz 'n paar kunstenaars (Cornel Driessen, Ella, de Witt, Franna Benade, Kristel, Melanie, ek, Louis, Retief Burger, Vertikaal, Wanda Bam & Wian Vos) genader om twee dae in sy studio te spandeer, spesifiek om liedere vir Paasfees te skryf en op te neem (Paasnaweek is juis so 'n belangrike naweek in ons Christelike geloof en tog lyk dit of dit nie soveel aandag geniet so bv. kersfees nie). Die 2 dae in die studio was vir my 'n ongelooflike belewenis en dit het omtrent vir my gevoel of ons 'n wonderwerk gaan nodig hê om 10 liedjies in twee dae te, hoor, te verwerk en op te neem. Die Here was vir ons baie goed gewees en al die liedjies was opgeneem toe ons aan die einde van die tweede dag by die studio uitgestap het!!! Dit was wonderlike om al die kunstenaars se harte beter te leer ken en om saam met ouens soos Jason (dromme) Giddie (kitare) en Rixi (bass) te speel. Agter die mengbank het Derrick se ore en vingers behoorlik gewerk en Cornelia en haar span van Merchant was 'n ster met die projekbestuur (sy het ook gesorg vir hope kos en alles wat lekker is - well done Cornelia!!!)