NUUS
NEWS
KLIPKREET MAAK 'N DRAAI BY STRANDDIENSTE
Ek en die studente van CPUT op Wellington het bietjie die pad gevat en tussen 27 Desember - 31 Desember 2008 getoer al langs die kus af.  Ons was by die Strand, Pearly Beach, Vleesbaai, George en op oujaarsaand op Grootbrak.  Die spanne van Potch en Stellenbosch was amazing en het soveel moeite gedoen vir ons en ons so welkom laat voel deur hulle onselfsugtige gasvryheid.  Ons hoop regtig om aan die einde van 2009 weer so te maak.

Indien jy wonder of nie weet wie of wat KLIPKREET is nie: dit is die band van Wellington Moedergemeente wat optree buite die gemeente.  Die naam kom van die teksgedeelte in Matteus wat sê dat "Indien ons nie die naam van die Here gaan besing nie, dan sal die klippe dit uitskreeu".  Cool!  Ek is sommer lus om te sing!  En die Here is so groot en amazing dat as ek dit nie gaan doen nie dan gaan die skepping dit in elk geval doen.  Ek het so iets probeer verwoord in "ORALOM" op my debuut CD ELEMENT

OK.  Weer terug na KLIPKREET: Ek ("Chillklip"), ons jeugwerker, Jandre Viljoen ("Vetklip"), Neil Fourie ("Rooiklip") en Eric du Toit ("Geesklip") het in 2007 so begin optree as KLIPKREET en die band bly die heeltyd groei! Ons het nou al lede soos "Sheklip", "Voëlklip", "Langklip", "Witklip", "Praatklip", "Klippie", "Oupaklip", "Skerpklip", "Kiekieklip", en "Chainklip" gehad om maar 'n paar te noem.

Het jy al jou KLIPnaam uitgedink?


Vorige artikels
Archive